Shopping Cart

No products in the cart.

Ontmoet die span

STEVE HOFMEYR

Steve Hofmeyr is ‘n Suid Afrikaanse instelling met meer as 3 dekades, 40 treffers, 33 albums, 10 films, 11 boeke en duisende konserte agter sy naam.
”Waar ek tyd gekry het vir 6 kinders, gaan my verstand te bowe,” skerts hy.
Maar, Steve is ‘n stem vir vele en word bestempel as een van die groot legendes van sy tyd, as Suid Afrikaner, as Afrikaner en as Boerseun.
”Uiteindelik is ek ‘n kultuurkind en ‘n kunstenaar,” beaam hy graag. Maar die wat hom liefhet weet daar is meer. Dis opwindend. Dis vaardig. Dis hoogsprofessioneel; en dit kom altyd met ‘n bietjie omgee en ‘n groot glimlag. Dis Steve.

MAURITZ LOTZ

musikale regisseur & vervaardiger

Met meer as 4000 opnames op sy kerfstok, verskeie Suid Afrikaanse musiektoekennings asook Grammy nominasies, is Mauritz Lotz ’n ware legende en ikoon. Oor sy loopbaan van meer as 40 jaar het hy die verhoog gedeel met kunstenaars soos Chris de Burgh, Leo Sayer, Shawn Phillips, Ice Cube, Dave Matthews, Crash Test Dummies, The Rolling Stones, Sting, Eric Clapton en The Bee Gees om maar net ’n paar te noem. Of dit nou op die verhoog of in die ateljee is, Mauritz speel ‘n aktiewe rol in die musiekbedryf as ‘n onafhanklike filmkomponis, musiekvervaardiger, verwerker en musikant.

JP DE VILLIERS

Dirigent en Orkestrasie

Maestro JP de Villiers is die een wat die slag en pas van ons aand met sy baton sal bepaal. Steve, Mauritz en die simfonieorkes gaan grootliks op hom staatmaak en JP kan nie wag om daai eerste note die sterrenag in te jaag nie. Hy en Mauritz is in noue samewerking ter voorbereiding van hierdie konsert nadat hulle onlangs ‘n klankbaan vir ’n reeks op Netflix saam gekomponeer het. JP is self ‘n baie ervare musikant wat in ‘n klomp genres, bands en simfonieorkeste oor sy musiekloopbaan opgetree het. Dis wat hom perfek maak om as dirigent op te tree, en om so al die instrumentasie en invalle bymekaar te bring. Tans verwerk hy saam aan die konsert en begelei hy die musikante deur repetisies.